Nuusflits!
Teen hierdie tyd weet almal dat Hermanus sy deel van die lang verwagte reen gekry het en in oorvloed.
Al het dit beteken dat die Hermanus Hemel & Aarde Pretloop uit gestel moes word is die inwoners van Hermanus baie dankbaar vir die reen. Dit help om ook die water beperking op te hef.
Die goeie nuus is dat die nuwe datum vir die Hemel & Aarde Pretloop bekend is! Hou u dagboek gereed en teken die 10 November 2012 aan om hierdie geleentheid te kom deel.
Alle nuwe inligting sal binnekort duidelik deur gegee word. Maak jul reg vir `n heerlike dag met mooi weer.
Almal wat reeds ingeskryf het is outomaties deel van die groep.
Pretloop groete
|